Afrikaans: 'n Pragtige voorbeeld van Anthony Finley se invloedryke kaart van Afrika, wat deur Young en Delleker gegraveer is vir die 1827-uitgawe van Finley se General Atlas. Die titel en skaal is links onder. Hierdie uitsonderlike kaart het die sterk eskalasie in verkenning van Afrika tydens die mid-19de eeu voorafgegaan, en die binneland van Afrika bly hier grotendeels onbekend. Die Ptolemaïese Berge van die Maan word aangedui as 'n bergreeks wat wes na oos oor die sentrale deel van die kontinent strek, met die suggestie dat verskeie takke van die Nyl hier ontspring. Verskeie spekulatiewe lope van die Nigerrivier word aangedui, met een wat by die Nyl aansluit, 'n ander wat suid van die Berge van die Maan die Kongo binnevloei, en nog 'n ander wat korrek getoon word met 'n kromming na 'n monding in die Golf van Bonny / Biafra. Regdeur word etlike etniese groepe aangedui, waaronder die Pomba, Jaga, Timboektoe, Toeareg, Tibboe, Bambara en ander. Ook word 'n land van kannibale in Mosambiek onderskei.
English: A beautiful example of Finley's important 1827 map of Africa. This uncommon map predates the explosion of African exploration that occurred in the mid 19th century. Much of the interior remains unknown. The Ptolemaic Mountains of the Moon are drawn stretching across the central part of the continent with the suggestions that they are the source of several branches of the Nile. Several speculative courses are drawn for the Niger River, one of which joins it to the Nile, another of which flows south of the Mountains of the Moon into the Congo, and yet another of which, correctly, bends southwards to empty into the Bight of Biafra. It identifies numerous African tribes throughout, including the Pomba, Jaga, Timbuctoo, Tuareg, Tibboos, Bambara, and others. It also identifies a land of cannibals in Mozambique. Title and scale in lower left quadrant. Engraved by Young and Delleker for the 1827 edition of Anthony Finley's General Atlas.